The South African praat van ’n ‘moerse’ storm wat op pad is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het in samewerking met amptenare van die Wes-Kaap ’n waarskuwing uitgereik waarin gesê word dat inwoners aangeraai word om binnenshuis te bly en alle besittings wat blootgestel is veilig te hou.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens beskryf die storm as “one hell of a storm.”
Brian Schreuder (HOD) het ’n amptelike besluit geneem dat skole gesluit sal wees op die dag.
Statement by @WCED_HOD WCED HOD closes Western Cape schools ahead of severe weather warning – https://t.co/dr0W9qgNJE
— WC Education Min (@WC_EduMin) June 6, 2017
Die weerdiens voorspel winde van tot 90 km/h met sneeu wat aan die buitewyke van die skiereiland verwag word. 80 mm reën word verder in sekere areas verwag. Daar is selfs mense wat sê die verwagte storm gaan die grootste een wees wat die Kaap in 30 jaar ervaar het.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het dié foto op Twitter gedeel:
Accumulated rainfall for South Africa (ECMWF) on Wednesday and Thursday. Rainfall of over 50mm expected in the south-western Cape. pic.twitter.com/FmqlQdPXfv
— SA Weather Service (@SAWeatherServic) June 6, 2017