Genoeg vir 8-10 mense.
Bestanddele
- 1 pakkie suurlemoenjellie
- 1 x 380 g-blikkie ingedampte melk (sit die melk ’n dag voor die tyd in die yskas)
- 1 blikkie karamel
- 2 pakkies Tennisbeskuitjies
- 3 x 100 g-Peppermint Crisp-sjokolade
Metode
- Los die jelliepoeier op in die helfte van die water wat op die aanwysings op die pakkie verskyn. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Gebruik net kookwater.
- Klits die ingedampte melk tot dik en skuimerig. Klits die karamel tot dit pap en sonder klonte is.
- Meng die jellie en ingedampte melk en roer die karamel daarby.
- Pak ’n laag tennisbeskuitjies op die boom van ’n 29 cm x 22 cm x 6 cm-tertbak. Giet ’n bietjie van die jelliemengsel oor en rasper een van die sjokolades oor. Eindig met ’n laag jellie en rasper die laaste Peppermint Crisp oor.
- Laat stol vir ±2-3 uur of oornag in die yskas en sit voor saam met ’n lekker koppie tee.