Sit vitamienryke vrugte en groente in jou water wanneer jy jou immuunstelsel ’n hupstoot wil gee. Dit sal jou boonop aanmoedig om meer water te drink. Maak die water so: “Groen” water Sitrus-water Bessie-water Wonderwater
Instructions
1 Sit die gesnyde vrugte, groente en kruie in ’n groot beker met 1 liter minerale water.
2 Laat vir 1 uur week.
3 Voeg ’n hand vol ys by en skink
• 1 klein komkommer, in linte gesny
• 1 kiwi, geskil en dun gesny
• 1 groen appel, dun gesny
• 1 handjie vol groen druiwe, korrels middeldeur gesny
• 1 handjie vol kruisementblare
• 1 lemoen, dun gesny
• ½ pomelo, dun gesny
• 1 lemmetjie, dun gesny
• 1 suurlemoen, dun gesny
• ’n handjie vol vinkeltakkies
• 1 handjie vol bevrore swartbessies
• 1 handjie vol bevrore bloubessies
• 1 handjie vol basiliekruid