Met ’n puik groep van 21 modeontwerpers soos Marianne Fassler, Ruald Rheeder, Stefania Morland, Suzaan Heyns en Fabiani was daar baie om te sien.
Die modelle was spesifiek deur AFI gekies, insluitend Aymeline Valade wat een van die top 50 modelle in die wêreld is; die Angolese skoonheid Roberta Narciso wat ’n gunsteling in Parys, Milaan en New York Modeweek geword het en Grace Mahary, een van Victoria’s Secret se nuwe engele.
Jy kan nou jou gunstelingvoorkomste aanlyn koop! Saam met MBFWJ 2015 het AFI hul nuwe aanlynwinkel AFI PRIVÉ bekendgestel. Die winkel verskaf die internasionale modegemeenskap met eksklusiewe klere en bykomstighede van top Afrika-ontwerpers soos David Tlale, Ituen Basi, Taibo Bacar en Kooroo. Dit is ’n opwindende nuwe blootstelling vir Afrika!
Vir meer inligting besoek www.afiprive.com
Hier is ons gunstelingontwerpe van die MBFWJ 2015 loopplank:
Foto’s geneem deur Simon Deiner / SDR Photo