Nicolas Ghesquière, kunsdirekteur van Louis Vuitton se vroue-afdeling, het besluit om die 2018 Cruise Collection-vertoning by die Miho Museum, wat tot hede meer as 1 000 kunswerke uitstal, te hou as gevolg van sy besondere ligging wat ’n samestelling tussen natuurskoon en stedelike atmosfeer skep – die inspirasie en beginpunt agter die Cruise-reeks.
Die 2018 Cruise Collection vertoon ontwerpe waar kontrasterende elemente mekaar komplimenteer – die hede teenoor verlede, futurisme teenoor digkuns asook die besige stadslewe teenoor delikate landskappe. Daarvandaan die hooftema: tradisioneel tot modern. Die tradisionele verwysings, kenmerkend aan Japan, bewys ’n teken van respek en bewondering aan sy uniekhede soos samurai, gravering, inkkuns en seremoniedrag.
Die gehoor is meegevoer deur lyfpakke en “tunics” met stedelike en argitektoniese motiewe van die Hokusai. Hand- en palmsakkies is met die Kabuki-masker versier en truie en leertops verteenwoordig die wapenrusting van Japanese soldate.
Het jy geweet?
- Die Miho Museum is spesifiek ontwerp om Shangri-Lai te verteenwoordig, ’n mitiese hemelruim op aarde wat na bewering in die Himalyan-vallei gevind kan word.
- Die Cruise-vertoning is ook ter ere aan die Japanese ontwerper, Kansaï Yamamoto, gehou omdat hy die begin van Japanese ontwerpers bevestig het deur sy eerste werke in ’n Franse modevertoning te laat verskyn.
- Dit is die eerste keer dat die Museum so ’n geleentheid aanbied.
- Die akteurs Rila Fukushima en Doona Bae het die vertoning geopen en afgesluit.
*Foto’s: Louis Vuitton en Instagram