Onder die wakende oog van hoofsjef Marnus Scholly sal jou pa ’n ete geniet wat hy nie maklik sal vergeet nie.
Op vanjaar se Vadersdag-spyskaart sal jou pa kan kies uit ertjie-en-ham-sop as eerste gang, daarna volg vark-Kromeski en groente wat in mosterd gepekel is. Vir die tweede gang is daar mossel-en-basiliekruid-risotto, basiliekruidpesto-en-seekos-tuile. Vir die derde gang is daar ’n keuse tussen seebaars (sea bass) met ratatouille-groente, blomkool, groenvrugtesap en kapertjiesous, of die vark-tjop met gesmoorde lensies en perske-en-wortel-puree, bok choy en appelliefie-jus. Die vierde gang bestaan uit heerlike nageregte soos sago met vanielje-en-appelkoos, Crème Anglaise en Koeksisters.
Die koste beloop R385 per persoon vir die viergang-spyskaart, plus R250 per persoon vir die opsionele wyn-paring. Besprekings is noodsaaklik vir Sondag 18 Junie 2017. Bel 011 252 3300 of stuur ’n e-pos aan [email protected]