Die Hollywood-aktrise, Emma Watson (bekend vir haar rol in die Harry Potter-reeks asook Noah), is gekies om die rol van Belle in die nuwe weergawe van Beauty and the Beast te vertolk.
Die fliek sal vervaardig word deur regisseur Bill Condon, wat The Twilight Saga: Breaking Dawn asook die Oscar-genomineerde fliek Dreamgirls vervaardig het. Die fliek sal later vanjaar verfilm word.
Bron: vogue.co.uk
Onthou jy nog die animasie-weergawe van Beauty and the Beast?