1 Sit die parmaham op ’n skoon werksvlak en skep 15 ml pesto in die middel van elk.Ravioli met parmaham, bruinbottersous en salie
Ingredients
Instructions
2 Sit ’n stukkie mozzarella en ’n basiliekruidblaartjie op elkeen. Vou die parmaham in ’n bondeltjie toe - dit is die ravioli-vulsel.
3 Maak die ravioli soos per "Basiese pasta"-resep.
4 Kook die ravioli vir 5-7 min. in vinnig borrelende kookwater tot sag en gaar maar nie pap nie.
5 Haal met ’n gaatjieslepel uit en sprinkel ’n bietjie olyfolie oor sodat dit nie aan mekaar vassit nie.
6 Smelt die botter oor lae hitte in ’n middelslagpan. 7 Voeg die neute by en laat die botter prut tot dit ligbruin raak en ’n neuterige smaak kry. Gooi die salie by en braai tot bros.
8 Voeg die ravioli by en roer versigtig deur tot dit oral met die botter bedek is. Sit met gerasperde parmesaan voor.