Die ontslape Petersen is in 2016 tydens ’n stampvol konsert in Kaapstad vereer deur kunstenaars en familie. Dit was ’n roerende herdenking van sy ontydige dood op 16 Desember 2006. In opdrag van kykNET is dié konsert verfilm, met Emo Adams wat vir die eerste keer met groot sukses ook die vervaardigersrol gespeel het. Die program sluit onderhoude in met vriende, familie en kollegas wat baie na aan Taliep was.
Lees ook ons onderhoud met Taliep se dogter, Jawaahier Petersen hier
Volgens Emo was dit die mees emosionele ervaring van sy lewe en ook die uitdagendste, maar daarmee saam een van die grootste hoogtepunte van sy loopbaan: “Dis onmoontlik om na dié program te kyk en nie te besef watter amazing mens Taliep Petersen was nie. If this is the last work I ever do, I will be happy.”
Sedertdien is sowel Adams as kykNET oorval met versoeke om ’n heruitsending.
As jy dié huldeblyk misgeloop het, onthou om op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) in te skakel:
• Vrydag 19 Mei 21:00
• Sondag 21 Mei 19:30
Die huldeblyk is ook beskikbaar op iTunes met ’n spesiale bonus-liedjie.
Gesels saam op Sosisale Media en gebruik die hutsmerk #TaliepTribute