Die finaliste in vanjaar se Mej. SA-kompetisie is Dinsdagaand tydens ’n spoggeleentheid by The Venue in Sandton, Johannesburg bekendgemaak.
’n Splinternuwe inisiatief is ook onthul – ’n mentorskapprogram waar elke finalis deur ’n voormalige Mej. SA-wenner bygestaan sal word om hulp, raad en insig oor die kompetisie te kry. Die voormalige titelhouers wat deel is van die program en beskikbaar sal wees om hul ervaring met die finaliste te deel, is: Wilma van der Bijl (1987); Bernelee Daniell (1995); Peggy-Sue Khumalo (1996); Sonia Raciti (1998); Jo-Ann Strauss (2000); Vanessa Carreira (2001); Cindy Nell (2002); Joan Ramagoshi (2003); Nokuthula “Thuli” Sithole (2005); Tatum Keshwar (2008); Nicole Flint (2009) en Bokang Montjane (2010).
Hier is die top 12-finaliste:
* Foto’s: Kevin Mark Pass
* Rokke deur Avant en Joel Janse van Vuuren