Mat lippe is tans ’n gunsteling onder grimeerkunstenaars, bloggers, plaaslike bekendes sowel as Hollywood-bekendes. Dit lyk nie net stylvol nie, maar help ook om die veroudering van jou lippe te verbloem, so sê top-grimeerkunstenaar Cheryl Parker. Die mat-tekstuur vul die fyn lyne van die lippe en die lipstiffie kryp nie in soos ’n glans lipstiffie nie, dus sien jy nie die lipplooie so duidelik nie.
Cheryl Parker se raad vir die perfekte mat-lip
- Maak seker dat jy jou lippe afskilfer ’n uur voordat jy jou lipstiffie aanwend. Dit sal help om al die velletjies te verwyder, anders gaan dit duidelik sigbaar wees as jy jou lipstiffie aanwend.
- Voeg ook ’n bevogtiger op jou lippe sodat jou lippe mooi bevogtig is.
- Gebruik ’n lipomlyner sodat jy mooi binne die lyne kan inkleur.
- Wend jou lipstiffie met ’n kwassie aan, dit sal help om dit meer egalig te doen.
Speel met die tekstuur van jou grimering
- Maak jou lippe die fokuspunt deur ’n donker mat-lipstiffie aan te wend en dan die res van jou grimering eenvoudig te hou. Jy kan ’n bietjie maskara aanwend met ’n vloeistof oogomlyner.
- Vir ’n ligter mat-lip kan jy ’n metaal-oogskadu aanwend om die tekstuur mooi te laat lyk.
- ’n Nuwe tendens is ook om op die hartjie vorm bo op jou lippe en in die hoekies van jou lippe ’n goue pigment saam met die mat-lipstiffie te gebruik.
Skep so die perfekte mat-lip
’n Paar van ons gunstelinglipstiffies
Sterre soos Franja du Plessis, Leandi du Randt Bosch, Karlien van Jaarsveld en Simoné Nortman is van ons gunsteling- plaaslike bekendes wat altyd deur ’n ring getrek kan word en die mat-lip pas hulle perfek!