Verhit die oond tot 200 °C.Heel gebakte blomkool
Ingredients
Instructions
1 Sit die blomkool in ’n oondpan en voeg 125 ml water by.
2 Bedek met foelie en bak vir 30 min. tot sag. Gooi die water uit en sit die blomkool terug in die oondpan.
3 Maak intussen die witsous: Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die meel by en meng goed.
4 Verhit die melk in die mikrogolf met die lourierblare. Haal die blare uit en gooi die melk by die meel en botter. Roer deurentyd tot die sous begin kook. Kook vir 2 min.
5 Trek van die hitte af en meng die kaas en mosterd deur, sit terug op die hitte tot die kaas gesmelt is, roer heeltyd en geur met sout en peper.
6 Krummelkors: Strooi die broodkrummels en amandelvlokkies in ’n enkellaag oor die bakplaat.
7 Sprinkel die olyfolie oor en meng goed deur. Rooster vir 5-7 min. tot goud en bros. Meng die suurlemoenskil deur die warm krummels en laat afkoel.
8 Gooi die witsous net voor opdiening oor die twee koolkoppe, sit terug in die oond en bak tot die sous hier en daar goudkleurig raak.
9 Haal uit en strooi die krummelkors oor elke blomkool. Sit voor.