Verhit die oond tot 100 °C. Sit ’n piering in die vrieskas.Aarbei-en-vanielje-konfyt
Ingredients
Instructions
1 Sny die vanieljeboontjie in die lengte deur en sny in 4 dele.
2 Sit die aarbeie in ’n groot dikboomkastrol en voeg die vanielje by.
3 Gooi die suiker in ’n oondpan en verhit vir 10 min. in die oond.
4 Voeg die warm suiker en suurlemoensap by die aarbeie in die kastrol en verhit oor matige hitte. Roer nou en dan tot die suiker gesmelt is. Moenie te veel roer nie, anders sal die vrugte te pap word.
5 Verlaag die temperatuur en laat die konfyt stadig kook. Toets ná 25 min. of dit setpunt bereik het deur ’n klein bietjie konfyt op die yskoue piering (wat jy in die vrieskas gesit het) te gooi. As jy jou vinger daardeur trek en dit maak plooitjies en vorm ’n velletjie, is dit gereed. Anders moet jy dit vir nog 10 min. kook en weer toets.
6 Steriliseer 4 glasbotteltjies deur ’n bietjie water daarin te gooi en vir 2 min. in die mikrogolfoond te kook. Vul die botteltjies met die konfyt en maak dig toe.