Die gewilde Afrikaanse sangeres, Karlien van Jaarsveld, het vanoggend (9 Mei 2017) die nuus met haar Instagram-volgelinge gedeel dat ’n baba vir haar en Joe op pad is. Hulle hou tans vakansie in Italië.
Sy het gesê die swangerskap is nog “early days” maar dat sy baie opgewonde is.
Karlien en Joe is in Maart vanjaar stil-stil getroud. Lees meer hier en kyk ook na haar pragtige trourok
Karlien en haar eks-man, Derick Hougaard, het ook saam tweelingseuntjies. Lees meer hier
Op nog ’n Instagram-inskrywing wat Karlien vroeër die week vanuit Capri, Italië gedeel het, haal sy ’n liedjie van Koos Kombuis aan wat haar liefde vir Joe bevestig: