Brooddeeg:Swartpeper-en-bessie-pizza
Ingredients
Instructions
1 Meng die koekmeel, sout, gis en swartpeper. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en voeg die louwarm water bietjie vir bietjie by en meng tot die deeg bymekaarkom. Knie vir sowat 10 min. en laat rys vir 30 min. op ’n warm plek. Knie af, vorm 4 balletjies en bedek met ’n klam lap.
2 Verhit die oond tot 200 °C. Maak ’n groot bakplaat in die oond warm.
3 Rol die deeg dun uit op ’n skoon werkvlak wat liggies met meel bestrooi is. Ons het langwerpige pizzas gemaak, maar jy kan rondes uitrol.
4 Sit die uitgerolde pizza op die warm bakplaat en sprinkel olyfolie en sout oor.
5 Bak vir 10-15 min. tot goudbruin en haal uit. Herhaal met die res van die deeg.
6 Skep groot lepels vol van die crème fraîche hier en daar op die pizza. Strooi die bessies en die blaartjies tussenin.
7 Sprinkel nog ’n bietjie olyfolie en swartpeper oor en smul.