Vraag:
Is dit nodig dat ek ’n ander room om my oë aanwend en hoekom?
Antwoord:
Die vel om jou oë is nie net die dunste nie, maar ook die sensitiefste. Dit bevat ’n groot hoeveelheid mas-selle wat negatief kan reageer as dit met ’n irriterende middel in kontak kom. Daarom kan nie enige produk altyd naby of om die oë aangewend word nie. Jy moet veral ’n oogroom gebruik om tekens van veroudering te stuit, want dié rome is baie vogtiger en hidreer ook beter.