Vraag:
Ek lees dikwels van “make-up primers.” Wat is dit, waarvoor moet ek dit gebruik en hoekom is dit belangrik?
Antwoord:
’n Voorbereidingslagie (primer) word gebruik om jou vel vir onderlaag voor te berei. Dit vul al die fyner (en dieper) plooitjies, terwyl dit ook jou vel en vergrote porieë egalig laat lyk. Jou grimering bly ook langer aan. As jy ’n voorbereidingslagie gebruik, sal jou onderlaag langer hou omdat die onderlaag nie al jou plooitjies hoef te vul nie. Jy kry verskillende soorte, sommige het ’n sonskerm, ander is olievry, gee glans, of is vir meer volwasse velle.