Wat is die verskil tussen ’n serum en ’n vogroom?
’n Serum voel ligter op die gesig en die molekules is kleiner sodat dit al drie lagies van jou vel kan binnedring, in teenstelling met vogrome wat gewoonlik net deur die eerste laag dring.
“’n Serum is meer gekonsentreerd en die uitwerking daarvan sal vinniger sigbaar wees,” sê Felicia Steyn, Environ se nasionale opleidingsbestuurder. Serums help jou dag- of nagroom om optimaal te werk, maar dit is belangrik dat jy nie net ’n serum gebruik nie – dit bevat geen versagmiddels nie en verskaf meestal nie genoeg vog aan jou vel nie.