Saffraankoejawels
Ingredients
- • 16 koejawels, geskil
- • 1 liter (4 k) water
- • 500 ml (2 k) suiker
- • 6 heel naeltjies
- • 1 kaneelstok
- • ’n knypie saffraan
Instructions
1 Kook die koejawels in 500 ml (2 k) water tot sag maar nie pap nie.
2 Dreineer en hou eenkant. Gooi die oorblywende 500 ml (2 k) water, suiker, naeltjies, kaneel en saffraan in ’n kastrol.
3 Roer tot die suiker opgelos is.
4 Kook die stroop vir sowat 20 min. tot effens verdik.
5 Skep die koejawels in 2 gesteriliseerde middelslag-glasbottels en verdeel die stroop tussen die bottels.
Rooi Rose
Lees Meer
Pofpannekoeke
10/09/2024
Maklike resepte vir ’n maand
01/07/2024