Koolfrikkadelle in tamatiesous
Serves: Genoeg vir 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Basiese tamatiesous
- • 15 ml (1 e) olyfolie
- • 1 ui, fyn gekap
- • 10 ml (2 t) gekapte knoffel
- • 2 x 410 g-blikke heel, geskilde tamatie
- • 5 ml (1 t) suiker, indien nodig
- • sout en gemaalde swartpeper
- Frikkadelle
- • 1 ui, fyn gekap
- • 500 g beesmaalvleis
- • 500 g varkmaalvleis
- • 15 ml (1 e) korrelmosterd
- • 10 ml (2 t) gekapte knoffel
- • gerasperde skil van 1 suurlemoen
- • sout en gemaalde swartpeper na smaak 1 middelslag-koolkop
- • 125 ml gerasperde parmesaan
Instructions
Tamatiesous
1 Braai die ui en knoffel in die verhitte olie tot sag.
2 Voeg die tamatie by en prut vir 15 min.
3 Geur met die suiker indien nodig, voeg sout en peper na smaak by en prut vir nog 15 min.
Frikkadelle
1 Meng al die maalvleis, asook die ui, mosterd, knoffel en suurlemoenskil saam en geur met sout en peper.
2 Vorm die maalvleis in palmgrootte frikkadelle en verkoel vir 20 min.
3 Blansjeer die koolblare een vir een in gesoute, kokende water en doop dadelik in koue water.
4 Voorverhit die oond tot 180 °C. Gooi die tamatiesous in ’n oondbak.
5 Vou elke frikkadel in ’n koolblaar toe en pak met toegevoude kante na onder in die tamatiesous.
6 Bak vir 45 min. Strooi die parmesaankaas oor en sit warm voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Beesvleisfrikkadel
07/08/2024
Gebakte vis in geurige tamatiesous
03/07/2024
Bou ’n bobaasburger vir hamburgerdag!
28/05/2024