Skaaprib in ’n taai Oosterse sous
Serves: Genoeg vir 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- • 2 kg heel lamsrib
- Kooksous
- • 8 cm vars gemmer, geskil en in skyfies gesny
- • ’n klein bossie vars koljander
- • 375 ml mout- of appelasyn
- • ¹/³ k (90 g) bruinsuiker
- • 4 heel steranys-peule
- • 2 kaneelstokkies
- • 500 ml (2 k) lemoensap
- • 30 ml (2 e) sout
- • 2 liter water
- Marinade
- • 160 ml mout- of appelasyn
- • 30 ml gerasperde lemoenskil
- • 250 ml (1 k) bruinsuiker
- • 30 ml gerasperde gemmer
- • 15 ml Chinese vyf speseryepoeier
- • 125 ml heuning
- • 30 ml (2 e) sojasous
- • 15 ml (1 e) sout
Instructions
1 Meng al die bestanddele vir die kooksous in ’n groot kastrol, voeg die rib by en kook vir 1 uur tot sag.
2 Meng intussen al die marinade-bestanddele en hou eenkant.
3 Sit die gedreineerde lamsrib in ’n plat plastiek- of glasbak. Verf die marinade alkant oor die vleis en marineer vir 2-3 uur.
4 Voorverhit die oond tot 200 °C.
5 Sit die rib op ’n bakplaat en gooi enige oorblywende marinade bo-oor.
6 Rooster die ribbetjies vir sowat 20 min. tot klewerig.
Rooi Rose
Lees Meer
Pofpannekoeke
10/09/2024
Botterskorsie-falafels met beetdoopsous
03/09/2024
Geurige klapperrys
22/08/2024