Om mee te begin, sal dié Sweedse handelaar vir gaste ’n voorsmakie van die jaar se versameling gee waarna gaste kans sal kry om van die stylvolle kledingstukke (volhoubaar ontwerp) te koop – dit alles natuurlik lank voordat dit in die winkels verskyn.
Elke item in H&M se Conscious Exclusive-versameling is gemaak van herwinbare of organiese materiale. Rokke, broeke en toppies is gemaak van suiwer organiese sy, katoen asook herwonne vesels soos wol en poliëster. H&M se Amelia May Woudstra vertel: “Prettig, pragtig en dromerig was sleutelwoorde wat gebruik is tydens die proses en die kledingstukke is vroulik en vleiend. Die rokke, broeke, hemde, skoene en sakke het almal ’n luukse voorkoms wat gedra kan word as formeel of informeel.”
“Ons ontwerpers het tekstuur bygevoeg en ’n 3D-effek geskep met groot blinkertjies wat uit herwonne plastiek gemaak is. Fantastiese patrone word vermeng wat uit klein herwonne glaskrale geskep is.”
“Die ontwerpers het volhoubaarheid – ’n konsep wat dikwels as lelik beskou word- geneem en dié idee onderstebo gekeer. Dit het gelei tot die produksie van ’n versameling wat veelsydig is en beslis ook met enige internasionale versameling kan meeding. Die kledingstukke sal perfek in enige klerekas pas en is geskik vir enige geleentheid,” sê Jackie.
Gaste sal ’n voorsmakie kry van die jongste “groen” innovasies in mode (dink aan waterlose kleurstowwe) wat lei tot ’n verkenning van die bewuste verbruiker en die manier waarop ons denke oor hoe ons leef gereflekteer word. Jackie Burger sal die reeks praatjies lei. Temas sal kuns, skoonheid, media, dekor, welstand, spiritualiteit en afrigting insluit, maar dit is ook ’n kos-ervaring.
#Salon58Conscious sal op Saterdag, 8 April 2017 by Gallery Momo in die Oro Africa-gebou in Kaapstad aangebied word.
Kaartjies is beskikbaar teen R650 per persoon. Klik hier om jou plek te bespreek
Bly op die hoogte van die geleentheid op sosiale media
Webblad: www.salon58.co.za
Instagram: @jackieburger
Facebook: Salon 58
Twitter: @Jackie_Burger
H&M se webblad: www.hm.com/za
Instagram: @hm
Facebook: H&M
Twitter: @hmsouthafrica