Geurige potpasteie met varkworsies
Ingredients
- Deeg
- 500 g koekmeel
- 240 g botter
- 230 g (1 houer) roomkaas
- 45 ml (3 e) koue water
- Vulsel
- 10 ml (2 t) elk botter en olyfolie
- 2 uie, gekap
- 2 rooi appels, geskil en gekap
- 250 g dik spek, in stukke gesny
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- ’n hand vol salieblaartjies, fyn gekap
- 80 ml (? k) port
- sout en gemaalde swartpeper
- 2 x 500 g-pakke geurige varkworsies (16 worsies)
- Spuit ’n groot muffinpan met kleefwerende kossproei.
Instructions
Deeg
1 Verwerk die meel en botter saam in die bak van ’n voedselverwerker tot dit soos broodkrummels lyk.
2 Meng die roomkaas en water met die polsstelling by.
3 Verdeel die deeg in twee dele van ’n ? en ? elk en draai elke stuk in kleefplastiek toe.
4 Laat vir ’n uur in die yskas rus.
Vulsel
1 Braai die ui, appel, spek en knoffel in ’n groot kastrol in die verhitte botter en olie oor lae hitte tot sag en gekaramelliseer.
2 Gooi die salie en port by en geur met sout en peper. Skep uit en hou eenkant.
3 Druk die worsvleis uit die velletjies en braai in dieselfde kastrol tot goudbruin en gaar. Skep die res van die appel-en-ui-mengsel terug en meng goed deur, geur met sout.
4 Laat heeltemal afkoel.
Verhit die oond tot 200 °C.
1 Werk met een hoeveelheid deeg op ’n slag. Rol die groter stuk (die ? deel) liggies op ’n meelbestrooide werkvlak uit tot sowat 5-7 mm dik.
2 Voer die ses muffinpanholtes met die deeg uit en prik die boom liggies met ’n vurk.
3 Verdeel die afgekoelde vulsel tussen die holtes en druk met die agterkant van ’n lepel styf vas.
4 Rol die kleiner stuk deeg uit tot 5-7 mm dik en druk 6 sirkels van 7 cm elk vir deksels uit.
5 Druk in die middel van elke deksel nog ’n sirkel van 3 cm. Verf die rand met eier en druk ’n gaatjiedeksel styf op elke gevulde holte vas.
6 Verf elke pastei liggies met eier en bak vir 45 min. tot goudbruin en gaar.
7 Laat in die muffinpan afkoel en haal versigtig uit.