Sjokolade-en-amandel-botterlekkerskerwe
Ingredients
- 250 g strooisuiker
- 30 ml (2 e) water
- 50 g botter
- 45 ml (3 e) dubbeldikroom
- ’n knypie sout
- 5 ml (1 t) vanieljeekstrak
- 150 g gevlokte amandels, liggies gerooster en gekap
- 300 g donkersjokolade, fyn gekap
Instructions
1 Voer ’n 25 cm x 20 cm-pannetjie met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei.
2 Laat die suiker en water stadig in ’n middelslagkastrol oor lae hitte smelt. Roer deurgaans. Was met ’n nat kwassie die suiker af wat aan die kante van die kastrol begin vassit - dit voorkom dat kristalle vorm.
3 Maak seker al die suikerkorrels is gesmelt voor jy die temperatuur effens verhoog en die suiker saggies laat borrel. Moenie die suiker roer as dit begin borrel nie, dit sal ook kristalle veroorsaak.
4 Laat die suiker kook tot dit ’n donker karamelkleur het.
5 Trek die kastrol van die hitte af en klop die botter en room by. Die mengsel gaan baie borrel, werk baie versigtig met die warm stroop.
6 Gooi die sout, vanielje en amandels by. Sit terug op die stoof en roer tot goed gemeng. Gooi die mengsel in die voorbereide pannetjie en smeer met ’n slaplemmes plat. Sit eenkant tot hard en afgekoel.
7 Smelt intussen die helfte van die sjokolade in ’n glasbak oor ’n dubbelkoker. Roer tot glad en glansend.
8 Skep die helfte van die sjokolade oor die harde amandellekkers en smeer met ’n slaplemmes glad. Keer uit die pannetjie sodra dit hard geword het.
9 Smelt die res van die sjokolade en smeer oor die ander kant van die lekkers.
10 Laat hard word en sny in stafies. Resep: Annie Rigg, “Sweet Things”.