Luukse sjokoladesplinters
Ingredients
- 300 g donkersjokolade
- 125 ml verglansde gemmer
- 125 ml verglansde of versuikerde lemoenskil
- 125 ml pekanneute, ruweg gekap
- 125 ml sjokolade-moutballetjies, middeldeur gesny
Instructions
1 Smelt die sjokolade oor ’n dubbelkoker terwyl jy deurentyd roer.
2 Voer ’n bakplaat van 23 cm x 33 cm met kleefwerende bakpapier uit, bedek ook die kante. Spuit dit liggies met kleefwerende kossproei.
3 Gooi die gesmelte sjokolade op die bakplaat en skud liggies om die sjokolade eweredig te laat versprei.
4 Strooi die res van die bestanddele eweredig oor die sjokolade en laat staan vir 3-4 uur of oornag by kamertemperatuur om te set.
5 Keer die sjokolade versigtig uit en sny in stafies. Dit sal in ’n digsluitende houer vir tot twee weke in die yskas hou - as jy dit diep genoeg kan wegsteek!
Rooi Rose
Lees Meer
Sjokoladefudge
05/12/2024
Sjokolade-yskastert
11/10/2024
Heuningkraaklekkers met sjokolade
10/10/2024