Verruklike warm sjokoladetert
Ingredients
- Kors
- 90 g donkersjokolade, gekap
- 30 ml (2 e) botter, in blokkies gesny
- 500 ml (2 k) sjokoladekoekies, fyn gekrummel
- Vulsel
- 300 g donkersjokolade
- 200 g botter
- 2 eiers
- 2 eiergele
- 60 g strooisuiker
- kakao vir versiering
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 180 °C.
2 Spuit ’n 35 cm x 12 cmlosboompan met kleefwerende kossproei.
Kors
3 Sit die botter en sjokolade in ’n glasbak en mikrogolf op die ontvriesstelling tot die mengsel net begin smelt. Roer gereeld.
4 Gooi die koekiekrummels by en meng goed in ’n voedselverwerker.
5 Keer in die voorbereide pan uit en druk stewig vas.
6 Bak vir 10-12 minute. Laat afkoel.
Vulsel
7 Smelt die botter en sjokolade in ’n glasbak of ’n dubbelkoker.
8 Roer tot glad en glansend.
9 Klop die eiers, eiergele en suiker saam tot lig en romerig.
10 Vou van die eiermengsel by die gesmelte sjokolade in.
11 Roer die sjokolademengsel by die res van die eiermengsel tot goed deurgemeng.
12 Gooi die vulsel in die afgekoelde kors en bak vir 10 min. tot net geset. Haal uit en laat heeltemal set.
13 Lig die tert uit die pan en sif kakao bo-oor.