Koop ’n lekker groot blad sodat daar oorskietvleis is.Geroosterde Dukkah-lamsblad
Instructions
1 Sit ’n lamsblad van sowat 2,5 kg met die been, maar ribbes afgesny, in ’n oondpan.
2 Smeer met 30 ml (2 e) avokado-olie, sprinkel 45 ml (3 e) dukkah oor en geur met sout en peper.
3 Pak op ’n bed van 4 heel knoffelknolle met koppe afgesny. Rooster vir 45 min. by 200 °C.
4 Verlaag die hitte tot 180 °C en rooster vir nog 1 uur.
5 Gooi ’n hand vol babawortels en 300 g botterskorsieblokke by.
6 Rooster vir nog 40 min. tot die groente sag is.
7 Sit die helfte van die blad met ’n hand vol oregoblare voor.