Gebakte vis in geurige tamatiesous
Gebakte vis in geurige tamatiesous
Serves: Genoeg vir 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 1 Braai 1 fyn gekapte ui in 30 ml (2 e) botter tot goudbruin. Gooi 30 ml (2 e) gekapte knoffel by en braai vir nog 3 min.
- 2 Voeg 125 ml (½ k) rooisoetrissiepesto, 20 ontpitte groen olywe, 2 ansjovisfilette, 30 ml (2 e) gerasperde suurlemoenskil, 5 ml (1 t) paprika, 12 slaaitamaties, geskil en gekap, by en prut vir 15 min. oor lae hitte.
- 3 Geur 6 x 200 g-porsies witvis met sout, gemaalde swartpeper en 20 ml avokado-olie. Hou eenkant.
- 4 Pak die vis in ’n oondvaste bak en gooi die sous oor. Bak vir 40 min. by 200 °C.
- 5 Haal uit die oond en laat rus vir 15 min. Sprinkel ’n hand vol vars pietersielie oor en sit met koeskoes voor.
Lees ook:
RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti
Rooi Rose
Lees Meer
Spogspyskaart vir Kersfees
18/12/2024
Braairesepte vir seekos
04/12/2024
Hoendergereg in romerige tamatiesous
22/11/2024