Mediterreense vleisbroodjie
Ingredients
- Wenk: Indien jy ’n losser maalvleismengsel verkies, gooi 250 ml (1 k) fyn broodkrummels en 60 ml (¼ k) jogurt by. Ons het nie die maalvleis gesout voor dit gevries is nie omdat dit water sal trek, maar moenie vergeet om dit met die kookslag te geur nie!
- Basiese maalvleismengsel
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 1 ui, fyn gekap
- 2 klein selderystingels, fyn gekap
- 1 wortel, fyn gerasper
- 30 ml (2 e) vinkelsaad, liggies gerooster
- 15 ml (1 e) gekapte knoffel
- 500 g gemaalde beesvleis
- 500 g gemaalde varkvleis
- gerasperde skil van 1 groot of 2 klein suurlemoene
- 15 ml (1 e) mosterdpoeier
Instructions
1 Braai die ui, seldery en wortel in die verhitte olyfolie in ’n groot braaipan tot goud en voeg die vinkel en knoffel by.
2 Braai vir nog 5-10 min. tot sag. Trek van die hitte af en laat heeltemal afkoel.
3 Meng die twee soorte maalvleis in ’n groot bak en gooi die afgekoelde ui-mengsel, suurlemoenskil en mosterd by. Meng goed deur maar moenie oormeng nie.
4 Skep porsies van 500 g in sakkies en vries of gebruik dadelik.
1 Voorverhit die oond tot 180 °C.
2 Meng 100 g gekrummelde feta, 100 g ontpitte olywe, 1 geklitste eier en ’n hand vol orego-blaartjies deur 500 g (1 sakkie) ontvriesde, basiese maalvleismengsel.
3 Geur na smaak met ’n knypie sout en gemaalde swartpeper.
4 Skep die vleismengsel in ’n 650 ml-broodpannetjie wat met 250 g (1 pakkie) spekrepies uitgevoer is.
5 Vou die repies wat oorhang bo-oor. Bak vir 40-45 min. tot deurgaar. Keer op ’n bakplaat uit en bak vir nog 15-18 min. tot goudbruin. Sit voor met oondgeroosterde babatamaties en baba-kruieblare.
Tamaties
Geur 250 g kersietamaties aan takkies met sout en rooster by 180 °C tot dit begin oopbars. Hou eenkant.