Mexikaanse eiergebak. Resep deur Vickie de Beer
Mexikaanse eiergebak
Serves: Genoeg vir 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 1 Gebruik 1 kg (2 sakkies), basiese maalvleismengsel, ontvries.
- 2 Meng 15 ml (1 e) rooipeper, 5 ml (1 t) gekapte knoffel, 1 ml rooi brandrissievlokkies, 5 ml (1 t) droe orego, 7,5 (1 . t) paprika en 7,5 ml (1 . t) fyn komyn by.
- 3 Geur met sout en peper.
- 4 Werk met klam palms en rol die maalvleismengsel in handpalmgrootte balle.
- 5 Verhit 30 ml (2 e) olyfolie in ’n pan en braai die frikkadelle oor matige hitte tot goudbruin alkant.
- 6 Sit in ’n oondbak en gooi 2 x 410 g-blikke Mexikaans gegeurde tamatie oor.
- 7 Maak 6 holtes tussen die frikkadelle en breek ’n eier in elke holte.
- 8 Bak in ’n voorverhitte oond by 160 °C vir 15-20 min. of tot gaar na jou voorkeur.
- 9 Sit die eiergebak voor met nacho-skyfies, fyn gedrukte avokado, lemmetjiewiggies en vars koljander.
- English recipe
- Mexican baked eggs
- Serves 6
- 1 Use 1 kg (2 bags), basic mince mixture defrosted.
- 2 Mix 15 ml (1 T) Cayenne Pepper, 5 ml (1 t) chopped garlic, 1 ml red chilli flakes, 5 ml (1 t) dried oregano, 7.5 ml paprika and 7.5 ml ground cumin.
- 3 Season with salt and pepper.
- 4 Work with moist palms. Roll the meat mixture into palm-sized balls.
- 5 Heat 30 ml (2 tbsp) olive oil in a pan and fry the meatballs over medium heat until golden brown on both sides.
- 6 Place in a baking dish and pour 2 x 410 g cans Mexican flavored tomatoes over.
- 7 Form 6 wells between the meatballs and break an egg into each well.
- 8 Bake in a preheated oven at 160 ° C for 15-20 min or until done to your preference.
- 9 Serve with nacho chips, mashed avocado, lime wedges and fresh cilantro.
Rooi Rose