Klik hier vir die basiese maalvleismengsel.
Maalvleispasteie
Serves: Genoeg vir 4
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 500 g (1 sakkie) ontvriesde maalvleismengsel
- sout en peper
- 500 ml (2 k) bevrore gemengde groente
- hand vol gekapte pietersielie
- 2x 400 g rolle blaardeeg
- 1 eier, geklits
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Geur die maalvleismengsel met sout en peper en meng die bevrore gemengde groente en die gekapte pietersielie deur.
2 Rol die blaardeeg liggies op ’n meelbestrooide werkvlak uit.
3 Sny 8 sirkels met ’n deursnit van 11 cm uit die deeg en skep 80 ml (1/3 k) vleis op die een helfte van die sirkel.
4 Verf die rand met geklitste eier, vou die ander deeghelfte oor, knyp die rand stewig toe en druk met ’n vurk ’n patroon daarop.
5 Verf liggies met eier en bak op ’n bakplaat in ’n voorverhitte oond by 200 °C vir 15-20 min. tot goudbruin en gaar.
6 Sit warm met ’n groenslaai voor.
Rooi Rose