Soetrissies
1 Sny 6 middelslag-soetrissies middeldeur en haal die pitte uit.
2 Sit op ’n bakplaat, sprinkel 30 ml (2 e) olyfolie oor en rooster vir 25 min. by 200 °C tot sag.
Slaaisous
3 Meng 60 ml olyfolie, uitgedrukte sap van 1 lemmetjie of 1 suurlemoen, 10 ml (2 t) gekapte knoffel en 5 ml (1 t) heuning.
4 Geur met sout.
Slaai
1 rooi ui in ringe gesny, 1 x 410 g-blik cannellini-boontjies, gedreineer en gespoel, ’n hand vol elk koljander- en basiliekruidblare, 6-8 jalapeno-rissies in skywe gesny.
Opdiening
5 Sit die soetrissies in ’n opdienbak en strooi die uieringe, cannellini-boontjies, koljander, basiliekruid en jalapenorissies oor en sit met die slaaisous voor.