Mexikaanse worsslaai
Instructions
Wors
1 Sit ’n groot rol boerewors in ’n knyprooster en braai oor matige kole tot gaar.
Slaai
2 Meng die afgesnyde pitte van 2 mielies, wat ook oor die kole gerooster is, 200 g babatamaties, middeldeur gesny, 1 baie fyn gekapte rooi ui, 1 avokado, in blokkies gesny, 6-8 klein komkommers (of 1 groot komkommer), in repe gesny, ’n hand vol koljanderblare en ’n hand vol kruisementblare en geur met sout en peper.
3 Sprinkel 45 ml (3 e) olyfolie en die uitgedrukte sap van 1 lemmetjie of suurlemoen oor die slaai.
Opdiening
4 Skep die slaai op die gaar worsrol en sit met groot lepels suurroom en ekstra lemmetjiewiggies voor.
English recipe
Mexican sausage salad
Wors
1 Braai a roll of boerewors over medium coles until cooked.
Salad
2 Grill corn over the coals, cut kernels from cob end mix with 200 g halved cherry tomatoes, 1 very finely chopped red onion, 1 avocado, diced, 6-8 small cucumbers (or 1 large cucumber), cut in strips, a handful of coriander leaves and a handful of mint leaves and season with salt and pepper.
3 Sprinkle 45 ml (3 tablespoons) of olive oil and the juice of one squeezed lime or lemon over the salad.
Serving
4 Spoon the salad on the cooked wors cooked and add large spoonfuls of sour cream and a wedge of lime for extra.