Gerhard Naude, grimeerkenner van Bobbi Brown, deel sy raad oor wimpers.
Die eerste stap is om jou wimpers te krul. Dit is ’n wimper-redder as jou wimpers baie reguit is. Maak seker jou wimpers is altyd maskara-vry voor jy dit krul, andersins mag dit dalk afbreek. As jy nie ’n wimperkruller het nie, gebruik jou vingers en druk die wimpers opwaarts terwyl die maskara droog word. Moenie jou maskara in die buisie pomp nie, dit stuur lug in die buisie en laat jou maskara vinniger droog word.
Wend die produk altyd van onder jou boonste wimpers aan en begin by die basis. As jy van bo af aanwend maak dit die wimpers swaar en jou wimpers sal meer reguit vertoon. Vir meer dramatiese wimpers wend tot drie lagies maskara aan. Om seker te maak die maskara vorm nie klonte nie, wag 2 of 3 sekondes tussen lae.
Jy kan ook ’n skoon maskara- of wenkbrou-borsel gebruik om van klonte ontslae te raak. Waterdigte maskara is goed vir wanneer jy ’n paar trane gaan stort of wanneer dit baie warm is, onthou net om ’n grimeerverwyderaar te gebruik anders bou daar ’n lagie maskara op wat jou wimpers makliker sal laat afbreek. Jy kan eerste die gewone maskara aanwend en dan volg met die ‘n waterdigte maskara bo-oor, wat dan soos ’n reënjas werk en die eerste maskara voller en waterdig maak.
As jy die maskara wil los en soek na ‘n meer permanente oplossing, kyk gerus na hierdie bekostigbare behandelings vir wimper verlengings op Daddy’s Deals.