Dawie de Jager, veral bekend as lid van die musiekggroep Klopjag, se weergawe van U2 se bekende liedjie “One” het vir hom ’n plek in die tweede seisoen van The Voice SA in Bobby van Jaarsveld se span besorg. Hy is die gelukkige man wat die laaste plek in Bobby se span gekry het!
Welcome to #teambobby @Dawie_de_Jager !!!!
Well done my maat! #proud pic.twitter.com/3vJpQbrJT9— Bobby van Jaarsveld (@bobbyvjaarsveld) March 19, 2017
Dawie is ’n kitaarspeler vir die musiekgroep Klopjag en die baskitaarspeler vir die groep Die Tuindwergies. Hy kom uit ’n musikale familie – sy pa het klavier gespeel by die skool en sy ma kan self ’n bietjie kitaar speel.
Sy liefde vir musiek het begin toe hy vir die eerste keer in Graad 10 ’n kitaar opgetel het en sy lewe daar en dan verander het. ’n Paar van sy vriende het gesê dat hulle ’n band moet begin en so het hulle ’n groep gemaak: een met ’n dromstel, een ’n elektriese kitaar en ’n ander die baskitaar. Volgens hom het hulle vreeslik sleg geklink, maar geoefen en later Klopjag begin. Klopjag is ’n sesmanspan en hoewel hulle steeds ’n gunsteling is by feeste soos Aardklop (Potchefstroom) en KKNK (Oudtshoorn), het hulle besef dat dit nie ’n groot inkomste verseker nie. Klopjag het sedert sy verskyning op die Afrikaanse musiektoneel in 2002 verskeie toekennings ingepalm en hoewel die groep van tyd tot tyd steeds optree, fokus die lede deesdae op hul solo-loopbane.
.@dawie_de_jager‘s huge leap of faith pays off! This landed him the final spot on #TeamBobby and #TheVoiceSA -> https://t.co/i1ZRfcU12P pic.twitter.com/dSKIlBFjN3
— The Voice SA (@VoiceSA) March 19, 2017
De Jager het Sondag (19 Maart 2017) op sosiale media gesê sy deelname aan dié gewilde program volg nadat hy ’n vriend (Roan van As) vir die vorige seisoen ingeskryf het. “Vanjaar het hy my ingeskryf en ek is mos maar ’n man van my woord,” het hy geantwoord.
The Voice SA se blinde oudisies vir die tweede seisoen is Sondagaand voltooi en al die afrigters – Bobby van Jarsveld, Kahn Morbee, Lira en Karen Zoid, se spanne is voltallig.
Kyk gerus na Dawie se opvoering in dié YouTube video:
The Voice SA word op Sondae om 17:30 op M-Net uitgesaai.