Bestanddele:
- 2 kg lamsboud
Speserymengsel
- 20 ml heel koljandersaad
- 20 ml heel komynsaad
- 6 kardemompeule
- 15 ml anyssaad
- 30 ml olyfolie
- 1 ui, fyn gekap
- 20 ml fyn gekapte knoffel
- 20 ml vars gerasperde gemmer
- 45 ml garam masala
- 125 ml jogurt
Vir die bakslag
- 1 middelslag-baksakkie
- sout
- 2 kaneelstokkies
- 3 lourierblare
- 10 vars kerrieblare
- 45 ml warm water
Metode:
- Maak die speserye fyn met ’n elektriese maler, of in ’n stamper en vysel.
- Haal die doppies van die kardemomsade uit.
- Verhit die olie in ’n middelslagpan en braai die uie, knoffel en gemmer daarin tot sag en deurskynend. Gooi die speserye en garam masala by en braai vir 5 min.
- Sit die ui- en speserymengsel en die jogurt saam in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot dit ’n gladde pasta vorm.
- Vryf die pasta oral oor die lamsboud in en laat staan vir 3 uur of oornag.
- Verhit die oond tot 150 °C. Geur die vleis met sout en sit met die marinade in ’n baksakkie. Sit die kaneelstokkie, lourier- en kerrie-blare en water ook in die sakkie.
- Knoop die sakkie toe en sit op ’n groot, oondvaste bakplaat wat redelik diep is, want die pansouse kan dalk uit die sakkie lek.
- Bak vir omtrent 3 uur tot sag en gaar. Haal uit en haal uit die baksakkie (sny dit sommer met ’n skêr oop en lig uit).
- Sit met naanbrode en mangoslaai voor.
Mangoslaai
- Pak 1 mango, geskil en in skyfies gesny, 10 ml vars, gerasperde gemmer en 60 ml granaatpitte uit op ’n opdienbord.
- Meng 30 ml lemmetjiesap, 15 ml olyfolie, 5 ml sout en 10 ml heuning en gooi oor die slaai.
- Eindig met ’n klein handjie vol gemengde kruisement en koljanderblare.