Die baie gewilde Carnaval International de Victoria – ’n jaarlikse hoogtepunt op die Seychelle-kalender vir die afgelope ses jaar – en die Kreole Festival smelt saam.
“Die voordeel van die samevoeging van die twee feeste is dat besoekers nie net kan uitsien na ’n groter en beter fees nie, maar boonop ook ’n meer prominente vertoonvenster van die Seychellese kultuur kan ervaar,” het Lena Horea van die Seychellese Toerismeraad, gesê.
Gaelen Bresson, die uitvoerende hoof van CINEA (Creative Industries and National Events Agency), het verder gesê die Seychellese bestaan uit die eerste setlaars: die slawe en hul Europese meesters, die Indiese en Arabiese speseryhandelaars asook die Chinese wat gekom het om handel te dryf.
“Ons is ’n pot vol kultere, die Kreole en die Seychellese. So, dit is gepas dat die karnaval saam met die Kreole-fees val. Dit is ’n tyd wanneer ons ons identiteit en ryk, diverse kultuur vier,” het Bresson gesê.
Besson het ook bygevoeg dat die versmelte feeste vir besoekers en inwoners steeds ’n veelkleurige en multikulturele fasade, in die strate van Victoria, sal bied.
Ons digitale redakteur, Michelle Nortjé, het in 2016 die pragtige Seychelle-eilande besoek. Lees haar artikel in die April 2017-uitgawe van rooi rose.
Hier is ook ekstra foto’s van haar besoek: