Wenke
• Vind die regte grootte spieël vir jou spasie. Skaal is baie belangrik.
• As jy ’n spieël bokant ’n bank hang, kan jy gerus so groot soos die bank gaan. Dit sal ’n sterk fokuspunt wees.
• Dieselfde reël geld wanneer jy verskeie spieëls groepeer. Behou ’n oop spasie van omtrent 30 cm aan die onder- sowel as die bokant van die montering.
• Daar is eindelose vorms beskikbaar. Om jou vertrek ’n vars voorkoms te gee, vermy tradisionele opsies vir areas soos die ingangsportaal, eetkamer of leefkamer.
• As jou meubels baie reguit lyne en min detail bevat, versag dit en balanseer die harde lyne deur spieëls met kurwes te kies.
• Behou jou unieke styl. Die regte spieël kan saamsmelt met die omgewing en ook sy eie uniekheid by die styl verleen.
Verskaffers:
@Home: 0860 576 576
Interglass: www.interglassonline.co.za
Trade Secret: www.tradesecret.co.za
Weylandts: 021 914 1440
Mr Price Home: www.mrphome.com