genoeg vir 8-10
Koek
• 180 g botter
• 300 g strooisuiker
• 3 groot eiers
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• 50 g kakoa
• 5 ml (1 t) bakpoeier
• 5 ml (1 t) koeksoda
• 1 ml (¼ t) sout
• 280 g koekmeel
• 180 ml (¾ k) melk
Vulsel
• 2 velle gelatien (of een koevertjie, sowat 15 ml + 50 ml koue water)
• 200 g suiker
• 125 ml (½ k) water
• 4 eierwitte
• 15 ml (1 e) rooswater of 10 ml (2 t) vanieljegeursel
Sjokoladeversiersel
• 300 g donkersjokolade, fyngekap
• 150 ml room
Vir die versiering
• koperkleurige poeier-koskleursel
• wit alkohol soos vodka of jenewer
• 12 sosatiestokkies
• lourierblare
• 12 groot aarbeie
1 Voorverhit die oond tot 175 °C. Voer twee 20 cm- koekpanne met bakpapier uit.
2 Room die botter en suiker tot lig en donsig. Klits die eiers een-een by. Klits die vanieljegeursel by.
3 Sif die kakao, bakpoeier, koeksoda, sout en koekmeel saam in ’n middelmatige mengbak.
4 Vou die melk en droë bestanddele om die beurt by die eiermengsel in.
5 Verdeel die mengsel gelyk tussen die koekpanne. Bak vir 25-30 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Koel deeglik af en sny elke koek in twee lae.
6 Vir die vulsel: week die velle gelatien in koue water tot deurskynend of los die poeier op in die water.
7 Verhit die suiker en water in ’n kastrol oor lae hitte totdat al die suiker opgelos is. Kook oor matige hitte totdat die mengsel sagtebalstadium bereik (118 °C). Dit sal die regte stadium bereik het wanneer jy ’n druppel van die stroop in ’n glas koue water drup en dit ’n sagte balletjie vorm wat jy tussen jou vingers kan platdruk.
8 Klits die eierwitte en geweekte gelatien saam in ’n mengbak tot sagte punte vorm. Drup die kokende stroop versigtig in ’n dun straaltjie by die eierwitte terwyl dit op hoë spoed geklits word. Klits die geursel by. Klits vir nog 10 min. of tot dit dik en blink is. Koel goed af.
9 Smeer ’n lagie vulsel op elke koek. Koel goed af in die yskas.
10 Verhit die room en sjokolade in ’n dubbelkoker oor warm water en roer tot alles gesmelt is. Stapel die koeke op mekaar.
11 Gooi die versiersel egalig oor die koue koek. Maak koperverf deur van die koperpoeier met ’n bietjie van die alkohol te meng.
12 Verf die stokkies koper en laat droog word. Druk ’n kwas in die poeierverf en spat dit oor die koek om koperspatsels te maak. Druk die aarbeie onderstebo op die stokkies en verf die lourierblare en onderste helfte van die vrugte koper. Versier die koek deur die aarbeistokkies soos ’n bos rooi rose bo-op die koek in te druk.
Verjaarsdagkoek 1: Tina Bester se witsjokoladekoek
Verjaarsdagkoek 3: Katelin Williams se gebakte Alaska-koek
Verjaarsdagkoek 4: Kanya Hunt se haselneutkoek met rooifluweel-roosversiering
Verjaarsdagkoek 5: Martjie Malan se framboo-en-suurlemoenkoek