Vintage Idees word aangebied by Simondium Country Lodge en is ’n viering van alles vintage met ’n addisionele toevoeging van speelse retro-sjiek.
’n Besoek aan die mark is die ideale uitstappie gedurende die langnaweek en markgangers kan hulle verlustig aan die wye verskeidenheid dekoritems, klere, juweliersware, glas- en silwerware, kombuisbykomstighede, interessante fokusitems vir die tuin en selfs kosbare antieke stukke. Die deli neem ook ’n tree terug in tyd en sal heerlike tuisgemaakte lekkernye en peuselgoed aanbied om die koskas vol te hou.
Simondium Country Lodge is geleë langs die R45 tussen Paarl en Franschhoek en is maklik toeganglik vanaf Kaapstad en Stellenbosch. Heerlike kos, wyn en musiek maak ook deel uit van die naweekpret. Die mark is oop van 09h30 to 16h00 op Donderdag tot Sondag en tot 15h00 op Maandag, 1 Mei 2017. Kaartjies kos R30 per volwassene, terwyl kinders onder 18 gratis toegang geniet. Parkering en sekuriteit is beskikbaar.
Vir meer inligting besoek vintageideas.co.za of skakel 021 874 1046.