Op Vrydag (14 April) en Sondag (16 April 2017) kan kinders ’n middag gevul met hope pret en speletjies in die natuurlike omgewing van die Werf Picnic geniet. Ouers kan onder die bome ontspan met ’n heerlike piekniek vir twee, terwyl die kinders deelneem aan ’n lekker Paaseier-jagtog, ponieritte en paaseiers versier. Die piekniekplekke sal vanaf 12:00 beskikbaar wees met die ‘jagtog’ wat om 12:30 begin. Die kostes vir ’n piekniekmandjie vir twee grootmense om te deel beloop R395, R210 as jy dit alleen wil geniet en R150 per kind (slegs tussen 3-12 jarige ouderdom). Jy kan jou eie komberse, stoele en tafels saamneem.
Op Vrydag en Sondag gaan hoofsjef Christiaan Campbell ’n driegangmaaltyd by die Werf Restaurant aanbied wat ’n voorgereg, hoofgereg, nagereg, koffie asook ’n welkom-drankie insluit. Dit begin om 19:00 op Vrydag en 12:00 op Sondag. Die kostes beloop R495 per persoon.
Deur die loop van die langnaweek (14-17 April) sal Rhone Homestead ’n tradisionele buffet (Paasfees-tema) vanaf 12:00 teen R295 per persoon aanbied. Jy kan ook kies om ’n varsgebakte ‘hot cross bun’ en lekker Paasfees-geskenke van die Farm Shop en Deli Gift Shop te koop.
Maak die spesiale tyd een om te onthou by Boschendal. Besprekings en voorafbetalings is noodsaaklik. [email protected] of +27 (0)21 870 4274.
Vir meer inligting besoek www.boschendal.co.za