Sukkel jy ook soms met jou gunsteling skakering naellak wat te taai geraak het?
OPI se oulike uitvindsel ” Nail Lacquer Thinner” maak daardie taai en dik naellak weer maklik om aan te wend.
Dit kan in enige naellak gebruik word (nie net OPI nie), en kan ook in jou basis-lagie en bo-lagie gebruik word. Dit blaas nuwe lewe in ou naellak en beloof dat jou naellak selfs nou langer sal hou!
Gooi twee tot drie druppels van die OPI Nail Lacquer Thinner in jou naellak-botteltjie, draai die doppie toe en skud – jou naellak is omtrent splinternuut!