Ons help jou om vier universele handsakstyle te kies:
Neutrale tote-sak
As jy nie weet waar om te begin nie, begin by neutraal. Hierdie groot handsak is enige vrou se beste vriendin. Dit komplementeer byna enige uitrusting en is groot genoeg om al jou bykomstighede met gemak saam te dra.
Kies ’n klassieke kleur
As dit by funksionaliteit kom, is dit veilig om jou bykomstighede universeel en die kleur neutraal te hou. Bruin en swart is standaardkleure wat by alle uitrustings pas, maar jy kan ook motiewe soos slangvel en luiperddruk oorweeg.
Perfekte palmsakkie
’n Palmsakkie het die vermoë om ’n dag-uitrusting in aanddrag te omskep. Kies ’n palmsakkie wat by beide jou formele aandrok en denim pas om ’n tikkie elegansie in te bring.
Die fokuspunt
Net soos die tote-sak, moet elke vrou ’n handsak hê wat die koppe laat draai. ’n Speelse kleurskema of tekstuur is genoeg om jou voorkoms (én persoonklikheid) nuwe lewe te gee en daarom is ons mal oor hierdie waag-item.