Die park se toelatingsfooie beloop R50 vir grootmense, R35 vir pensioenarisse, R60 vir kinders en R120 vir ’n VIP Full Rider-pakket wat die bekende Paasfees-jagtog insluit.
Kinders sal in drie verskillende ouderdomsgroepe verdeel word en sal dan die taak gegee word om heerlike, soet en kleurvolle lekkernye, wat heimlik in die speelpark versteek is, te vind. Lekker aktiwiteite sluit ’n besoek deur die Paashaas in en ook vermaak deur ’n magiese towenaar.
Die speelpark spog met ’n kleurvolle en interessante binnenshuise- en buite-speelarea vir kinders tussen die ouderdomme van 2 en 10 jaar. Dit is gevul met struikelblokke, glybane, opvoedkundige borde en uitdagings om die aandagspan aan die gang te hou terwyl daar genoeg kanse gegun word om hul kreatiwiteit uit te leef.
Kom kuier by Bugz Speelpark om die vakansie op ’n hoogtepunt te eindig! Maak seker jy is voor 11uur die oggend daar om nie op die feestelike Paasfees-jagtog uit te mis nie.
Vir meer inligting, kontak [email protected] of 021 988 8836.
- Facebook: Bugz Playpark/@bugzfamilyplaypark
- Twitter: @BugzPlay
- Instagram: @bugzplaypark