’n Beraamde 15 miljoen babas word jaarliks te vroeg gebore – volgens die World Health Organisation is dit meer as een uit elke 10 babas. Babas wat te vroeg gebore word, hou ’n groot gevaar van gesondheidsprobleme in soos asemhaling-, voedings- en ontwikkelingsprobleme.
Met die Octopi het sommige van die babas in die intensiewesorgeenheid beter asemhaling en boonop ’n normaler hartklop getoon. Dit het dus daartoe gelei dat hulle ook hoër vlakke van suurstof in hulle bloed het.
Hospitaalpersoneel het ook gevind dat die babas wat die Octopi se tentakels vashou minder geneig is om hul monitors en buise uit te trek.
Volgens die organisasie Spruttengruppen – die Danish Octo Projek – het die idee van die speelding by ’n pa ontstaan toe hy ’n gehekelde seekat vir sy dogtertjie by die Aarhus Universiteit se Hospitaal gevra het.
Vanaf 2013 het die organisasie die Octopi na verskillende neonatale eenhede in Denemarke versprei en het hulle ’n groot hoeveelheid navrae van ander lande regoor die wêreld ontvang.
Inside NICU incubators at one UK hospital, premature babies have an unlikely companion — colorful, crocheted octopi https://t.co/FQNq4mirelpic.twitter.com/9ajCSujynd
— CNN (@CNN) February 27, 2017
Lees meer oor hierdie wonderlike idee by t.co/FQNq4mirel