Sampioene Vulsel Vir opskep: verdeel die koeskoes eweredig en skep op die gebakte sampioene. Voeg die balsemiekasyn-reduksie by vir ekstra geur.Bruin sampioen gevul met Rooibos-koeskoes, botterskorsie, feta, basilie en geroosterde amandels
Ingredients
Instructions
1 Verhit oond tot 200°C.
2 Verhit die botter en fyngedrukte knoffel in ’n mikrofgolf-veilige bak totdat die mengsel gesmelt het - omtrent 1 minuut.
3 Smeer ’n bakplaat, wat groot genoeg is vir 8 sampioene, met die botter en knoffel-mengsel. Plaas die sampioene op die bakplaat en voeg ’n bietjie droë knoffel-en gemengde kruiemengsel by die sampioene voordat dit in die oond vir 20 minute gebak word.
4 Geur die sampioene met sout en growwe swartpeper sodra dit uit die oond kom.
1 Verhoog die oond tot 230°C.
2 Voer ’n groot bakplaat met bakpapier. Versprei die botterskorsie-stukkies eweredig op die bakplaat en bak 20-30 minute.
3 Plaas die koeskoes in ’n breë, plat bak/houer. Voeg die hoenderaftreksel by die sterk rooibostee en roer totdat die aftreksel opgelos het. Maak seker dat al die koeskoes met die rooibostee bedek is. Plaas die koeskoes eenkant om vir 10 minute af te koel. Masseer die koeskoes totdat los korreltjies vorm.
4 Kombineer die koeskoes, botterskorsie, feta, basilie en feta in ’n pan oor lae hitte en meng goed.
5 Geur met sout en growwe swartpeper.