– genoeg vir 6
Bestanddele
- 2 heel knoffelknolle
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 25 g vars gis of 10 g kitsgis
- 400 ml louwarm water
- 30 g botter
- 15 ml (1 e) suiker
- 10 ml (2 t) sout
- 600 g (4 k) koekmeel
- 15 ml (1 e) heel korrelmosterd
- ’n hand vol pietersielie, gekap
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Sny die bokant van die knoffelknolle af en sit op ’n bakplaat. Sprinkel die olie oor en rooster vir 35-40 min. of tot die knoffel sag en goudkleurig is. Hou eenkant.
- Meng die gis en water in die bak van ’n elektriese menger tot opgelos. Sit die deeghaak aan. Gooi die res van die bestanddele by en meng goed. Knie vir 4-5 min. of tot die deeg glad is.
- Sit die deeg in ’n bak wat met olie gesmeer is en maak met kleefplastiek toe. Laat rys die deeg vir 30 min. of tot dubbel die grootte.
- Verhoog die oondtemperatuur tot 200 °C. Druk die sagte knoffelhuisies uit die skilletjies en hou eenkant.
- Knie die deeg af en rol in ’n reghoek uit op ’n skoon werkvlak wat met meel bestrooi is. Smeer die deeg met die mosterd en strooi die pietersielie oor.
- Rangskik die geroosterde knoffelhuisies in die lengte van die deeg.
- Rol dit styf op in ’n silindervorm en knyp die twee punte bymekaar om ’n sirkel te vorm. Tel die rol versigtig op ’n bakplaat.
- Sny met ’n skerp mes kepe in die silinder – sowat 1 cm uitmekaar. Moenie regdeur die rol sny nie.
- Draai die snye horisontaal sodat jy die vulsel kan sien.
- Bak vir 25-30 min. of tot goudbruin en krakerig.
- Sit met slaaiblare soos roket en babaspinasie, dun gesnyde rooi-ui, kersietamaties en jou gunstelingslaaisous voor.