Wens jy soms jy kan ’n glansgeleentheid bywoon met welige vals wimpers? Sukkel jy om dit te bemeester of was jy tot nou toe te versigtig om te probeer?
Die dames van www.hairheroes.co.za verduidelik vir ons hoe maklik dit eintlik is.
Dit het jy nodig
2. Kies nou die regte wimper. Die wimpers is uniek ontwerp vir jou regter- en linkeroog.
3. Knip die wimpers sodat dit die lengte van jou oë pas. Die wimpers moet nie die buitehoeke van jou oë oorskry nie.
4. Wend nou ’n dun lagie wimpergom aan die wimper self (nie jou eie wimpers nie).
5.Wag ’n paar sekondes totdat die gom ’n bietjie droog is.
6. Gebruik nou jou haartangetjie, tel die wimper daarmee op en plaas die wimper so naby aan jou wimper-lyn as moontlik. Hou jou oog toe.
7. Druk nou die vals wimper saggies in plek.
8. Wag ’n paar sekondes voor jy jou oog oopmaak.
9. As die wimper nie reg sit nie, verwyder dit dadelik en probeer weer voordat die gom droog word.
10. Rond af met oogomlyner wat jy net bo die vals wimper aanwend.
Jy kan ook verskeie ontwerpe aanlyn by www.hairheroes.co.za bestel.