Die bekende glanspaartjie Beyoncé en Jay Z en hul dogter Blue Ivy Carter het heel voor gesit tydens dié wedstryd. Die vyfjarige, wat binnekort ousus van ’n tweeling gaan word, het soos altyd stylvol gelyk in ’n lemmetjiegroen rok, denimbaadjie en tekkies. Hoe dan anders? Haar stylikoon van ’n ma, Beyoncé, het self beeldskoon gelyk in ’n gedrukte, vloerlengte kimino, geskeurde jeans en ’n lospassende t-hemp wat gemaklik oor haar bababoepie hang.
Jay, wat op kere lekker vir die kameras geglimlag het, was heel gemaklik in ’n hoodie en ’n donker denim.
Dié familie het baie aandag getrek en almal van hulle het dolgelukkig gelyk! Jay Z het later foto’s van hulle uitstappie na die NBA All-Stars getwiet:
#NBAAllStarpic.twitter.com/IO1JFp24pT
— JAY Z Daily (@JAY_Z_Daily) February 20, 2017
Blue Ivy het ook kans gekry om vir Pierre The Pelican, die New Orleans Pelicans se gelukbringer, te ontmoet:
Blue Ivy meets @PierreTPelican#NBAAllStar while Bey takes photos pic.twitter.com/kPBlW4ckne
— Culture For Us By Us (@CultureFUBU) February 20, 2017
Die “All of Me”-sanger John Legend, sy pragtige vrou Chrissy Teigen en hul fraai dogtertjie Luna het ook basketbal gaan kyk. John en klein Luna, met ’n paar oorfone en ’n oulike truitjie, het ’n kosbare pa-en-dogter oomblik gedeel:
Wie het nog ’n verskyning gemaak?
Die Fault in Our Stars-hartebreker Ansel Elgort:
Congrats to my buddy @AnselElgort for making the 2017 @NBAAllStar Celebrity Game roster! Can’t wait to see you back in New Orleans! pic.twitter.com/NjlC7DS1FF
— Pierre The Pelican (@PierreTPelican) February 9, 2017
Die TV-persoonlikheid Nick Cannon
All the moods your momma go through when watching her stories!! ?
Die Amerikaanse akteur Michael B Jordan
Jay Z and Michael B. Jordan during the 66th #NBAAllStar game pic.twitter.com/J4zwZiwBSK
— JAY Z Daily (@JAY_Z_Daily) February 20, 2017