’n Heerlike leeservaring deur een van Afrikaans se mees geliefde skrywers.
Die protagonis is ene Willem Prins en hy is (of was) ’n “groot skrywer” wat sy muse mis en dan onder ’n skuilnaam hygromans en erotika skryf. ’n Uitgewer in Parys lees sy een boek raak en hy vlieg Frankryk toe vir die bekendstelling daarvan en om sy langverlore seun te sien. Maar op sy besoek – en ons kennismaking met heerlike, aweregse karakters – gebeur “die gruwelnag” in Parys waar mense in restaurante en in die Bataclan-teater afgemaai word, enkele blokke van waar Willem op pad na die stasie is. En skielik draai Willem, en die hele Frankryk, se lewe op hul kop. Hy herbedink sy lewe, die waarde van Die Lewe, sy toekoms en verlede …
Die boek is sprankelend geskryf maar met ’n dik skeut lewenswysheid daarin toegevou. Een van daardie boeke wat jy reg deur wil lees.
Uitgewersprys R240
rooi rose prys R216
* Ons gesels ook in die Maart 2017 van rooi rose met Marita van der Vyfer. Lees die onderhoud op bl. 24.